Gekonfiskeerde voertuie sal verkoop word, eis hulle op

Die Stad Ekurhuleni doen ʼn beroep op die eienaars van voertuie in die stad se voertuigskut om hulle voertuie te gaan haal, anders gaan dit op ʼn veiling verkoop word. Daar is tans 735 voertuie wat nie opgeëis word nie. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die eienaars is in kennis gestel dat hulle die nodige bewys van eienaarskap moet toon en fooie soos deur die raad vasgestel, moet betaal. Hy sê eienaars kan hulle voertuie tot die agste van volgende maand opeis: