Gekompliseerde slenter versoorsaak diefstal van N$166 000

‘n Vrou van Oshakati is die slagoffer van ‘n redelik gekompliseerde slenter en is van 166 000 Namibiese dollar beroof. Dit het begin met mense wat rigtingaanwysers gesoek het en haar toe gevra het om saam met hulle in ‘n taxi te klim om presies te wys hoe hulle moet ry. Hulle is daarna voorgekeer deur makkers van die oorspronklike groep mans wat hulle voorgedoen het as polisiebeamptes. Kosmos 94.1 Nuus het met die Oshana-streek se bevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria gesels.