Gekleurde plastiek meer skadelik
‘n Nuwe studie het bevind plastiekprodukte met helder kleure breek gouer af na mikroplastiek as dié met ‘n neutrale kleur. Navorsers aan die Universiteite van Kaapstad en Leicester het bevind kleure soos rooi, blou en groen versnel die afbreek van plastiek, en verhoog moontlik omgewingsbeskadiging. Die bevindings, gegrond op beide dakblootstelling en strandmonsters, beteken vervaardigers moet dalk die gebruik van sekere kleurstowwe heroorweeg om mikroplastiek-besoedeling teen te werk.