Gejagte leeu was probleem-dier, sê ministerie

Die omgewings-ministerie sê die leeumannetjie wat in die Palmwag-area gejag is, was as ‘n probleemveroorsakende dier verklaar en vernietig deur bewaringsjag, in lyn met die land se wette en beleide. Twintig duisend Namibiese dollar van die jagtog sal in die Wildproduk-trustfonds gedeponeer word vir wildbewaring en konflikbestuur. Altesaam 300 000 dollar sal deur die Ehirovipuka- en Khoadi Hoas-bewarea aan die geaffekteerde gemeenskappe betaal word. Die leeu het in Julie 14 bokke gevang en doodgemaak voordat hy ’n brahmanbul naby Palmfontein doodgemaak het. Hy het ‘n halsband gekry en leeu-veldwagters het die konflik probeer bestuur, sonder sukses. Die ministerie sê die voorval word ongelukkig deur diereregtegroepe gebruik om valse aannames oor sy vermoë om menslike en natuurlewe-konflik te bestuur, te versprei.