Geingos se Facebook-blad loop deur onder twee slenters

Die Presidentsvrou Monica Geingos, sê haar Facebook-blad word gebruik vir slenters. Daar is twee plasings wat sirkuleer. Die een handel oor die Wêreldbank en die Bank van Namibië wat blykbaar ‘n Eco Nad-bank in haar naam gestig het vir beleggings. Die ander handel oor ‘n belegging wat gemaak kan word en moontlik gemaak is deur Geingos. Op haar blad deel sy die slenters en sê mense het reeds geld verloor. Sy sê sy implementeer haar programme deur die One Economy-stigting en sal altyd haar programme deel.