Geingos in gesogte pos by VN aangestel

Die derde presidentsvrou Monica Geingos is deur die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, as een van vier nuwe voorstanders van die volhoubare doelwitte aangestel. Geingos word erken as ‘n leier in globale gesondheid en ontwikkeling. Sy word beskryf as ‘n passievolle voorstander van transformerende leierskap in Afrika, veral in die bemagtiging van die jeug. Haar BeFree-jeugontwikkelingsmodel word ook deur die VN geloof. Geingos sê sy is geëerd om by te dra tot die wêreldwye dialoog wat daarna streef om vordering na ‘n meer regverdige en volhoubare wêreld vir almal te skep.