Geingos bedank publiek vir ondersteuning
Voormalige presidentsvrou Monica Geingos het die publiek bedank vir hul oorweldigende ondersteuning na die heengaan van president Hage Geingob. Sy sê in ‘n verklaring sy is dankbaar vir die “uitstorting van liefde en solidariteit wat tydens ‘n moeilike tyd ontvang is”. Sy berei tans voor om haar pligte as voorsitter van die One Economy Foundation te hervat. Dit is ‘n maatskaplike welsynsorganisasie wat Geingos in Mei 2016 geloods het. Dit is daarop gemik om strukturele armoede en die hoë vlakke van ongelykheid in Namibië aan te spreek deur te dien as ‘n brug van sosio-ekonomiese geleenthede om ‘n ekonomie waarin gelykheid en gedeelde welvaart floreer te bou.