Geingob was ‘n reus en ware leier: Penda Naanda

Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge-ministerie, is saam met duisende ander Namibiërs en buitelandse gaste by die Onafhanklikheid-stadion in die hoofstad. Die amptelike roudiens van wyle president Hage Geingob, wat deur 18 wêreldleiers bygewoon word, is geskeduleer vir 2nm vanmiddag. Naanda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bring hulde aan die onstlape president as ‘n reus en ‘n ware leier, wat weerspieël word in die hoë aantal lande wat by die diens verteenwoordig is.

Naanda voeg by dat Geingob meer as 60 jaar van sy lewe aan die Namibiese nasie gewy het, en dat sy werk voortgesit moet word.