Geingob vertrek na Finland

President Hage Geingob reis vandag na Finland om die begrafnis van die land se voormalige president, Martti Ahtisaari, by te woon. Die kantoor van die president het in sy aankondiging nie aangedui wanneer Geingob sal terugkeer nie. Ahtisaari is op 16 Oktober in Helsinki, Finland in die ouderdom van 86 oorlede. Hy is welbekend in Namibië nadat hy as spesiale verteenwoordiger van die Verenigde Nasies die leier was van Untag, die organisasie se oorgangshulpgroep. In hierdie rol het hy deelgeneem aan mediasie tydens Namibië se oorgang na onafhanklikheid tussen 1989 en 1990.