Geingob vertrek na Brussels
President Hage Geingob vertrek vandag na Brussels in België vir die eerste Europese Unie-Namibië Groen Waterstof en Kritieke Grondstowwe Besigheidsforum. Die president woon die forum by op uitnodiging van die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen. Ter erkenning van Namibië se leierskap in die oorgang na skoner energiebronne, sal hy die hoofverklaring lewer tydens die leierssessie oor “Groen Energie-oorgang en groen waterstof”. President Geingob sal ook vergaderings hou met die Adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Amina Mohammed, en Thomas Ostros, die vise-president van die Europese Beleggingsbank. Die president sal op 27 Oktober terugkeer.