Geingob verbreek sy stilswye oor selfdegeslaghuwelike
President Hage Geingob het vir die eerste keer sy stilswye oor selfdegeslsaghuwelike gebreek. Hage Geingob sê die wetsontwerpe teen selfdegeslaghuwelike wat deur Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo in die parlement ingedien is, is nie met behoorlike konsultasie met die party gedoen nie. Die twee wetsontwerpe is in beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad voorgelê en goedgekeur. Geingob het tydens die hoflikheidsbesoek van Swapo-lede in die Nasionale Raad, bevraagteken waarom Ekandjo, as Swapo-lid, met hierdie wetsontwerpe voortgegaan het sonder om vooraf voldoende binne die party te konsulteer.