Geingob se ampstermyn was betekenisvol – Azapo

Die Azanian People’s Organisation moedig Namibiërs aan om ontslape president Hage Geingob se bydraes te eer en standvastig te bly in die voortdurende stryd vir Afrika se bevryding van neo-kolonialisme. Die 82-jarige Geingob is ‘n paar weke gelede met kanker gediagnoseer en het Sondag gesterf. Azapo se president, Nelvis Qekema, het sy innige meegevoel betuig en Geingob se deurslaggewende rol in die anti-koloniale stryd en leierskap teen apartheid in Suid-Afrika beklemtoon. Die woordvoerder, Jabu Rakwena, sê Geingob se betekenisvolle ampstermyn het Namibië se ekonomiese groei, litiumproduksie en groenwaterstofplanne die lig laat sien: