Mylpaal-ooreenkoms vandag met Hyphen onderteken

Die Namibiese regering onderteken vanoggend om elf-uur by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park. Deur die Europese Unie en die Global Gateway Initiative, het Namibië skenker- en konsessiebefondsing van Invest International en die Europese Beleggingsbank van meer as 11,167 miljard Namibiese dollar gekry om die ontwikkeling van die groenwaterstof-bedryf te finansier. Opgewondenheid heers oor die projek wat na verwagting by volskaalse ontwikkeling voor die einde van die dekade, jaarliks twee miljoen ton groen-ammoniak vir streeks- en wêreldmarkte sal produseer.