Geingob maak al weer ‘opoffering’ – reis Dubai toe tot 10 Desember

President Hage Geingob het reeds, saam met ‘n onbekende afvaardiging na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate vertrek om deel te neem aan COP28. Die vergadering sal na verwagting Donderdag begin. Geingob word eers weer op 10 Desember terug in die land verwag. Die presidensie het in ‘n verklaring gesê dat president Geingob genooi is deur Mohamed bin Zayed Al Nahyan, president van die Verenigde Arabiese Emirate. Vanjaar se konferensie, is volgens die Presidensie is ‘n deurslaggewende geleentheid om koers reg te stel en aksie te versnel om die klimaatkrisis aan te pak, met globale temperature wat rekordhoogtes bereik en uiterste weergebeurtenisse wat mense regoor die wêreld raak. Geingob het net Maandag melding gemaak van hoe onaangenaam dit is vir hom om te reis en dat dit eintlik ‘n opoffering is.