Geingob is skynheilig oor Israel-kritiek

Die opperhoof van die Ovaherero, professor Mutjinda Katjiua sê dit is skynheilig van president Hage Geingob om Duitsland te berispe oor sy ondersteuning vir Israel. Geingob sê die Duitse regering se verwerping van Suid-Afrika se klagte dat Israel volksmoord teen Palestyne in Gaza pleeg is skokkend. Hy sê Duitsland kan nie ‘n morele verbintenis tot die Verenigde Nasies se Volksmoordkonvensie uitspreek nie, insluitend versoening vir sy volksmoord in Namibië, terwyl dit die ekwivalent van ‘n slagting en volksmoord in Gaza ondersteun nie. Katjiua sê Geingob is skynheilig omdat sy regering self die konvensie oortree het deur nie die geraakte gemeenskappe te betrek by die vergoeding-gesprekke nie, wat ook daarin vervat word. Mutjinde het met Al Jazeera gepraat.