Geingob-gedenkdienste nie meer by Casa Rosalia

Die inligting-minister, Emma Theofelus, het by die Staatsinligtingsentrum die reëlings vir die staatbegrafnis van wyle president Hage Geingob uiteengesit. Daaglikse gedenkdienste sal nie meer by die Geingob’s se woning, Casa Rosalia aan die buitewyke van Windhoek, plaasvind nie. Vanaf Maandag sal die dienste by die Sam Nujoma-stadion in Katutura plaasvind. Theofelus sê dat Geingob se liggaam ook nie na al 14 streke sal reis nie.