Geingob en kie woon COP15 by
President Hage Geingob het saam met sy afvaardiging in Abidjan in die Ivoorkus aangekom vir die 15de sitting van die Konferensie van die Partye, bekend as COP15, van die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bestryding van Verwoestyning. Dit begin vandag en duur tot 20 Mei. Die tema vanjaar is ‘Land. Lewe. Erfenis: Van skaarsheid tot welvaart’, en daar sal klem gelê word op daadwerklike aksie om te verseker dat grond beskerm word. Leiers van regerings, die private sektor, die burgerlike samelewing en ander sleutelbelanghebbendes van regoor die wêreld woon die vergadering by.