Geingob-egpaar sê hulle het self vir die kinders betaal

President Hage Geingob en sy vrou Monica Geingos ontken ten sterkste dat hulle familie op staatskoste na Dubai se COP28 gereis het. In ‘n verklaring deur sy woordvoerder Alfredo Hengari, het die presidensiële egpaar nooit afgewyk van die Tesourieregulasies nie. Die regulasies stel duidelik dat hulle kinders nie voordeel uit staatsfondse kan trek nie. Die egpaar het blykbaar vir die vlugte en verblyfkoste van hul kinders betaal. Oudergewoonte het Hengari weer melding gemaak van die media wat blykbaar polities gemotiveerd is met sy beriggewing en wil afbreuk doen aan die uitstekende werk van die president en sy reuse-Namibiese afvaardiging by COP 28.