Geingob benadruk ekonomiese bevryding vir Namibië
President Hage Geingbo het tydens die 45ste herdenking van Cassingadag beklemtoon Namibië moet sy pogings verdubbel om die oorwinning te behaal in die tweede stryd vir ekonomiese bevryding van alle Namibiërs. Hy sê net soos die vryheidstryd moet die tweede stryd gelei word deur dieselfde gees van eenheid van doelwitte en kameraadskap as Een Namibië en Een Nasie. Geingob sê die heldhaftige opofferings van die Cassinga-slagoffers sal steeds as inspirasie dien terwyl ons ‘n meer inklusiewe, verenigde en welvarende Namibië bou. Jaarliks op 4 Mei word die sowat 600 slagoffers van die Cassinga-slagting in 1978 in die suide van Angola onthou.