Geingob beklemtoon belangrikheid van mynwese vir Nam-ekonomie

President Hage Geingob het die openingsrede by die eerste EU-Namibië Besigheidsforum in Brussel, België gelewer. Die forum word gesamentlik deur die Europese Unie en die Namibiese Beleggingsbevorderingsraad aangebied. Geingob het die belangrikheid van mynwese, sowel as die ontginning en verwerking van minerale, vir die plaaslike ekonomie beklemtoon.