Geingob bedank Namibiese verpleegkundiges

Internasionale Verpleegkundige-dag word vandag gevier onder die tema, Ons verpleegsters, ons toekoms. President Hage Geingob het by die Katutura-staatshospitaal in die hoofstad die buitengewone bydraes van verpleegkundiges in die gesondheidsektor geloof. Hy sê die belangrike rolle van verpleegkundiges en hul onbaatsugtige toewyding en opofferings word waardeer. Tydens die Covid-pandemie is bewys dat verpleegkundiges kampioene in die verskaffing van toegang tot gesondheidsorgdienste is. Inge Murangi, ‘n direkteur in die kantoor van die eerste minister wat die vieringe bygewoon het, het haar ervaring as ‘n verpleegster met verpleging van vandag vergelyk.