Geheimediens rooi in die gesig, oorsig het met Trump-skietery ontbreek
Die waarnemende direkteur van die Amerikaanse Geheimediens, Ronald Rowe Junior, sê hy is skaam oor die mislukte sekerheid voor die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump. Een man is doodgeskiet en twee ander beseer toe die 20-jarige Thomas Crooks tydens ʼn saamtrek in Pennsilvanië op Trump geskiet en in sy oor gewond het. Rowe het aan ʼn kongresverhoor gesê een van die tekortkominge was dat hulle weens verbindingsprobleme nie ʼn onbemande teen-lugstelsel voor die saamtrek kon ontplooi nie: