Geheimediens het in Pennsilvanië misluk
Die Amerikaanse Geheimediens se vermoë om oudpresident Donald Trump in Julie te beskerm by ʼn saamtrek in Pennsilvanië is deur ʼn reeks kommunikasie-probleme gekniehalter. Dit sluit foutiewe radio’s in, en dat hulle nie gou kon kontak maak met die staats- en plaaslike polisie op die toneel nie. Dit is volgens ʼn tussentydse verslag deur die Senaatskomitee vir Binnelandse Veiligheid. Die Demokratiese komiteevoorsitter, Gary Peters, sê die Geheimediens se mislukkings het ʼn sluipmoordpoging op Trump toegelaat en dit is skokkend, onaanvaarbaar en voorkombaar.