Geheime Diens-agente was selfvoldaan in Pennsilvanië

‘n Ondersoek van die Amerikaanse Geheime Diens het gapings gevind voor die sluipmoordpoging in Julie op die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump by ‘n Butler, Pennsilvanië-saamtrek. Ronald Rowe, wat as hoof van die diens waarneem sê daar was selfvoldaanheid aan die kant van sommige agente wat gelei het tot ‘n verbrokkeling van sekuriteitsprotokolle. Kritici het kommer uitgespreek oor hoe die skieter, Thomas Crooks, toegang tot ‘n nabygeleë dak kon kry met ‘n direkte siglyn tot waar die voormalige president gepraat het. Trump is in die oor geskiet.