Gegradueerde het nuwe rolstoel nodig

‘n Universiteitsgegradueerde in ‘n rolstoel soek tans hulp van die publiek om fondse te skenk sodat hy ‘n nuwe rolstoel kan koop. Simson Paulus het sy graad aan die Universiteit van Namibië in sy huidige rolstoel voltooi. Die gemeenskap probeer nou om fondse in te samel om te help om vir hom nuwe wiele te kry vir die volgende hoofstuk van sy lewe as gegradueerde. Hulle wil graag vir hom ‘n elektriese rolstoel koop om dinge vir hom makliker te maak. Asante Katiti, ‘n hegte vriend van Simson Paulus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy help hom tans om skenkings vir die rolstoel te kry.