Geestesversteurings en Covid

Navorsing op 230 000 Amerikaanse pasiënte wat van Covid herstel het, toon dat 1 uit 3 met brein- of psigiatriese versteurings gediagnoseer is, binne 6 maande van hulle herstel. Die navorsers sê dit is onduidelik hoe die virus gekoppel kan word aan die versteurings wat angs en depressie insluit. Gevalle van beroertes, dementia en ander versteurings is ook aangeteken, veral in gevalle van ‘n erge Covid-infeksie. ‘n Professor by Oxford Universiteit wat die navorsing gelei het sê terwyl individuele risiko klein is, is die effek daarvan oor ‘n bevolking baie groot.