Geestesgesondheidsdienste by Tembisa-hospitaal verbeter

Gauteng se LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê beduidende verbeterings is aangebring om dienslewering aan geestesgesondheids-gebruikers en algemene pasiënte by die Tembisa- provinsiale tersiêre hospitaal op te knap. Sy het die fasiliteit gister besoek ná klagtes oor swak toestande vir pasiënte daar. Nkomo-Ralehoko sê die fasiliteit het intussen die hoeveelheid beddens vir geestesgesondheidspasiënte verdubbel van 30 tot 60.