Geestesgesondheid onder die loep – Shangula

Die gesondheidministerie se voorgestelde Wetsontwerp op Geestesgesondheid is in ‘n gevorderde stadium en behoort teen die einde van vanjaar in die parlement vir debat te wees. Volgens die minister dr. Kalumbi Shangula is die wetsontwerp deur verskeie konsultasies en in die finale stadium voordat dit in die parlement ter tafel gelê word. Shangula sê die 76ste vergadering van die Wêreldgesondheids-organisasie in Genève, Switserland, het lidlande beveel om hul om geestesgesondheids-kwessies aan te spreek, veral onder die jeug, en ná Covid. Volgens statistieke het Namibië se selfmoordsyfer tussen Januarie 2021 en Mei 2022 op 679 gestaan, wat bestaan uit 559 mans, 91 vroue en 29 kinders, waarvan 18 seuns en 11 meisies is. Die streke van Omusati, Ohangwena en Khomas het die hoogste selfmoordsyfers in die land met onderskeidelik 105, 100 en 80 gevalle.