Geen Zuma ‘positief vir ANC’

Die ANC-veteraan Mavuso Msimang beskuldig oudpresident Jacob Zuma dat hy die handelsmerk uMkhonto weSizwe misbruik en sê dit behoort aan die ANC. Dit volg nadat Zuma sy besluit bekend gemaak het om nie stemme vir die ANC te werf nie, maar eerder die nuwe politieke party met dieselfde naam te ondersteun. Msimang het ʼn beroep gedoen dat tugstappe en regsoptrede hieroor teen Zuma ingestel word. Hy sê ook die ANC moet Zuma se nuus as ʼn positiewe stap beskou.