Geen wet wat Spaanse man verhoed om naak rond te loop nie
’n Spaanse hof het ten gunste van ’n man beslis wat beboet is omdat hy naak deur die strate van ’n dorp in die streek Valencia geloop het. In ‘n verklaring sê die hof hy het ‘n appèl teen ‘n laerhofbeslissing om boetes wat aan die man uitgedeel is, ter syde te stel, van die hand gewys. Die man is beboet nadat hy naak in die strate van sy tuisdorpie Aldaia geloop het. Maar, die hof het bevind dat daar geen wet bestaan wat openbare naaktheid aanspreek nie. Die 29-jarige man, Alejandro Colomar, het natuurlik ook gepoog om net met ‘n paar stewels die hofverrigting by te woon. Dit was onsuksesvol.