Geen werwings tans by ECN, pasop vir aanlyn slenters

Die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, De Wet Siluka, het bevestig dat die kommissie tans geen werwings doen nie. Die publiek word gewaarsku dat daar vals plasings op sosiale media sirkuleer wat beweer dat die kommissie personeel aanlyn werf. Daar word plasings op sosiale media gesirkuleer wat ‘n skakel na ‘n vals werwings-portaal bevat. Die kommissie vermoed dat die vals webblad dalk deel is van ‘n identiteitsdiefstal-bedrogspul. Sosialemediagebruikers word aangeraai om nie op die skakel te klik of hul persoonlike besonderhede op die vals aansoekbladsy in te voer nie. Siluka het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…