Geen Vrymesselaars onder Katolieke toegelaat nie

Die Vatikaan het ‘n verbod op Katolieke om Vrymesselaars te word bevestig. Die eeue-oue geheime beweging word lankal deur die Katolieke Kerk as vyandig beskou. Aktiewe lidmaatskap van Vrymesselary deur ‘n lid van die kerk word verbied weens die onversoenbaarheid tussen Katolieke leerstellings en Vrymesselary, volgens die Vatikaan. Dieselfde kantoor wat die verklaring uitgereik het, het verlede week gesê transgender mense kan gedoop word, as peetouers dien en as getuies by Katolieke troues optree.