Geen voordeel vir Nam-boere met US$11,7m se kunsmis bystand nie

Daar sal geen voordeel wees vir Namibiese boere met die Afrika-ontwikkelingsbank se kunsmis bystand nie. Die bank het 11,7 miljoen Amerikaanse dollar se befondsing vir finansiering vir kunmis vir verskeie Afrika-lande goedgekeur. Handels-waarborge is ook vir Tanzanië, Uganda, Mosambiek en Kenia goedgekeur. Die plaaslike landbou-kenner Wallie Roux reken die Namibiese regering meen die plaaslike bedryf kan op sy eie funksioneer.