Geen volhoubare ontwikkeling sonder mikrobes nie

‘n Hoogleraar van die Universiteit van Pretoria, professor Thulani Makha-lanyane, sê Afrika se on-ontginde mikrobiome het groot potensiaal vir mikrobies-gedrewe terapie, en moontlik selfs nuwe antibiotika. Makha-lanyane het die Universiteit van Pretoria se 31ste lesing vir deskundiges gelewer onder die titel: Ontsluit die geheime van die onsigbare heelal na binne en nog verder: ‘n Beroep om Afrika se mikrobiome te ontdek . Makhalanyane sê doelwitte vir volhoubare ontwikkeling kan nie bereik word sonder om ook op mikrobes te fokus nie: