Geen verskoning om nie hulp aan Gaza te verleen nie – Biden

Die Amerikaanse president Joe Biden sê Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, se benadering tot die konflik in Gaza is verkeerd. Daar is toenemende spanning oor die burgerlike sterftesyfer in die oorlog tussen Israel en Hamas en die haglike toestande in Gaza. Netanyahu sê die oorlog sal voortgaan tot Hamas verslaan is. Biden vra dat Israel instem tot ʼn skietstilstand en sê daar is geen verskoning om nie humanitêre hulp na Gaza te stuur nie.