Geen verligting in ekonomiese druk nie
Vele Namibiese huishoudings bevind hulself in ‘n finansiële verknorsing in die huidige ekonomiese klimaat en pleit met die sentrale bank om repokoersverhogings te staak, want hulle sukkel om hul huisverbande en ander skuld te betaal. Sulke huishoudings kan gedwing word om hul lewenstyl af te skaal deur na goedkoper verblyfopsies te soek. Die ekonomiese druk het ‘n beduidende impak op die land se huurmark volgens Hille Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Eiendomme.