Geen verbod op SA suiwelprodukte: Veeartsenydienste
Gerugte wat op sosiale media versprei word oor ‘n invoerverbod op suiwelprodukte uit Suid-Afrika, is snert. Die boodskappe lui dat Namibiërs voorrade moet opbou, ook in afwagting op erge prysstygings. Die Direktoraat Veeartsenydienste sê geen invoerverbod is ingestel nadat ‘n uitbreking van bek-en-klouseer op ‘n melkplaas by Humansdorp in die Oos-Kaap bevestig is nie. As daar so ‘n verbod was, sou Veeartsenydienste ‘n openbare kennisgewing uitgereik het.