Geen tweede saak teen FTX se Bankman-Fried nie

Amerikaanse aanklaers sê die openbare belang vir ‘n vinnige oplossing van die saak teen die 31-jarige voormalige miljardêr en sogenaamde kripto-wunderkind, Sam Bankman-Fried, weeg swaarder as die voordele van ‘n tweede verhoor. Hulle het bevestig dat daar nie ‘n tweede saak gebring sal word nie. Bankman-Fried se vonnisoplegging vind op 28 Maart plaas. Jurielede het Bankman-Fried op 2 November skuldig bevind op al sewe bedrog- en samesweringsaanklagte wat hy in die gesig gestaar het. Aanklaers het hom daarvan beskuldig dat hy 8 miljard Amerikaanse dollar van sy kliënte uit pure hebsug geplunder het.