Geen tekort aan mielies nie maar, pryse sal styg

Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag is daar wêreldwyd kommer oor graanoeste wat verklein is weens ‘n verskeidenheid faktore. Namibië sal ook die meeste van ons grane moet invoer vanjaar weens die droogte wat oeste grootliks laat misluk het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hubertus Hamm, voorsitter van die Akkerbouraad en Bokomo Namibia se uitvoerende hoof wat sê tekorte sal nie voorkom nie maar, pryse sal styg.