Geen rybewys-toetse op Outjo nie

Die Padowerheid rybewys-toetsdienste by sy NaTIS-sentrum op Outjo met onmiddellike effek opgeskort. In ‘n mediaverklaring sê die owerheid opknappings duur voort by die perseel op die dorp en sal duur tot 9 Desember. Dienste wat verband hou met leerlinglisensies en padwaardigheidstoetse word nie geraak nie en sal by die sentrum voortgaan. Die owerheid raai mense wat rybewys-toetsdienste in en om die Outjo-distrik benodig, eerder die Otjiwarongo-sentrum besoek.