Geen rede tot kommer oor Agoa: ekonoom
Ná Donald Trump se verkiesing het sommige Suid-Afrikaanse kommentators kommer uitgespreek oor die impak op Afrika-lande, spesifiek oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa. Dit verleen belastingvrye toegang tot Amerikaanse markte vir duisende produkte uit lande suid van die Sahara, wat Namibië se uitvoer van beesvleis, houtskool en minerale bevoordeel. Agoa se struktuur laat lede egter kwesbaar vir veranderings in Amerikaanse beleid en leierskap, veral gegewe Trump se “Amerika eerste” houding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by Unam, wat sê ons hoef nie bekommerd te wees nie.