Geen poging tot bankroof, net vals ID-dokumente, sê bank

Nedbank Namibië spreek in ‘n persverklaring vals berigte aan wat op sosiale media en WhatsApp versprei is, wat volgens die verklaring “blyk te wees dat daar moontlik pogings tot kriminele aktiwiteite met ‘n wapen by ‘n Nedbank-tak in een van die groot winkelsentrums in Windhoek was”. Dit weerlê inligting van bronne op die toneel dat ‘n paniekknoppie gedruk is nadat ‘n kliënt met ‘n vuurwapen in ‘n banktak opgemerk is. Die kliënt het egter volgens bronne homself slegs beskerm teen moontlike diewe. Die bank sê die polisie is ontbied nadat ‘n vrou ‘n rekening probeer oopmaak het met vermoedelik vals identiteitsdokumente en maak geen melding van ‘n vuurwapen nie.