Geen openbare tenders vir Henties se ontsoutingsaanleg nie

Die Tender Bulletin berig dat geen openbare tenders tot dusver uitgesit is vir die ontsoutingsaanleg by Hentiesbaai nie. Dit kom nadat lynminister Calle Schlettwein einde Junie aangekondig het dat die eerste water teen 2027 voorsien sal word deur die aanleg. Konstruksie is veronderstel om in Januarie 2025 te begin. Die regering het reeds in April aangekondig dat hy saam met die Chinees-beheerde Swakop Uranium sal werk om die aanleg op die been te kry. Konsultasies vir watervoorsiening na die sentrale gebied vanaf so ‘n aanleg aan die kus is reeds in 2021 voltooi. Kosmos 94.1 het destyds in diepte daaroor berig. Die enigste ander aanleg is Orano s’n naby Wlotzkasbaken.