Geen ongerymdhede met litium op Uis nie – Alweendo

Plaaslike media berig dat die minister van myne en energie, Tom Alweendo, tevrede is met die litiumontginning in Daures. Hy sê Long Fire Investments en Xinfeng se proses van registrasie en bedrywighede kom al die nodige regulasies na. Dit kom nadat inwoners rondom Uis hulle misnoeë uitgespreek het teenoor die ontginning. Hulle sê daar is geen voordeel vir hulle in die bedrywighede nie en het ook aantygings van ongerymdhede in die lisensiëringsproses gemaak. Alweendo sê daar is geen bewyse van enige ongerymdhede nie. Alweendo het onlangs, na hy ‘n verbod op litiumontginning in die gebied daargestel het, met die gemeenskap ontmoet om hulle klagtes aan te hoor. Intussen word daar berig dat Xinfeng reeds aan die minister geskryf het en gevra het om die verbod te lig sodat hy sy bedrywighede kan hervat. Die maatskappy was in omstredenheid gehul met berigte van uitvoere vir sy eie aanleg in China in plaas van toetse soos blykbaar ooreengekom volgens sy lisensie.