Geen misdaad sal in eThekwini-munisipaliteit toegelaat word nie

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê hulle is vasbeslote om enige vorm van misdaad in die munisipaliteit uit te roei en gaan geen verdraagsaamheid toon nie. ʼn Munisipale werker is in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy kabels wat pas opgegradeer is, beskadig het. Die kabels bedien kringtelevisiekameras. Die hoof van rampbestuur en -dienste, Vincent Ngubane, sê hulle sal enige iemand arresteer wat met munisipale infrastruktuur, insluitend kringtelevisiekameras peuter of dit saboteer: