Geen lewensredders, Whk se swembaddens oor Desember gesluit

Stad Windhoek loop deur onder kritiek na hy aangekondig het dat munisipale swembaddens in die hoofstad gedurende Desember gesluit sal wees. Daar is volgens die munisipaliteit geen lewensredders nie en daarsonder, kan die swembaddens nie gebruik word nie. Daar is talle instellings, soos Monarch, wat gekwalifiseerder lewensredders het, wat die diens kan lewer maar dit blyk die munisipaliteit maak nie hiervan gebruik nie.