Geen kommentaar op uitkoms van Rossmund-veiling nie

Dit is onduidelik wat die uitkoms van die veiling van die Rossmund Gholfbaan is. Die veiling is Woensdagmiddag gehou. Aanvanklik was die reserweprys op 8,4 miljoen Namibiese dollar gestel maar, dit is opgestoot na 24 miljoen dollar wat volgens wat berig word, talle van die deelnemers by die veiling geskok het. Kosmos 94.1 Nuus het bevestiging ontvang dat daar geen verkoop was nie maar, die Engelse dagblad, The Namibian berig dat daar wel ‘n aanbod van 24 miljoen dollar was maar, dat niemand, ook nie die Ontwikkelingsbank se woordvoerder, Jerome Mutumba, kommentaar wou lewer nie. Die opveil van die eiendom is in opdrag van ‘n hoërhof bevel wat deur die bank aangevra is vir uitstaande skuld.