Geen geld vir SWATF-troepe: Kapofi

Voormalige SWATF-troepe het vandag vergoeding geëis, saam met PLAN-soldate en die sogenaamde kinders van die vryheidstryd. Die soldate het aan die Suid-Afrikaanse kant in die bevrydingstryd  geveg en het nog nooit enige erkenning of toelaes ontvang nie. Daar is ook eise oor die meer as 30 miljoen Namibiese dollar wat die buurland se regering vir hulle oorbetaal het na onafhanklikheid, wat hulle meen hulle nie ontvang het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frans Kapofi, die minister van verdediging en veterane-sake, wat so gereageer het.