Geen gaste mag hier oornag nie!

‘n Groep mense was ontstoke vir ‘n verhuurder aanlyn nadat hulle ‘n vreemde vereiste op een aanbieding opgemerk het.

 ‘n “Ontwerper-mikrowoonstel” word geadverteer om te huur, maar gaste mag nie by die woonstel oornag nie. Die eenbed-eenheid kos $370 per week (N$4300) in ‘n voorstad van Brisbane, Australië. Volgens die advertensie: “Gaste word toegelaat om te besoek, maar kan nie oornag nie.” Die vreemde vereiste het ‘n histeriese reaksie op sosiale media uitgelok, met ‘n TikTok-gebruiker wat gesê het: “Australiese eienaars verbied letterlik enige tipe vorm van onheil in hul woonstelle.” Waar of nie, die eienaar van die woonstelgebou beweer “elke woonstel is slegs vir enkelbewoning weens brandbeperkings”.

Teen daardie pys is ‘n oornag fasiliteit soos ‘n Air B&B sekerlik goedkoper?

Die 1 slaapkamer eenheid is deel van ‘n hele paar eenhede op een perseel, waar daar slegs volgens regulasies 5 mense toegelaat word: 5 eenhede dus 1 persoon per eenheid.

Hierdie streng regulasie is ingestel deur die stad se beheerraad en is ‘n veiligheids protokol teen die risiko van brande.