Geen einde aan Lüderitz se groei-vooruitsigte

Die geskiedkundige mynspookdorp Kolmanskop het drie nuwe besienswaardighede wat Namibië se ryk erfenis en artistieke talent uitlig. Dit sluit in die wêreldbekende Ilford-galery, een van slegs drie ter wêreld, die Kolmanskop-diamantkamer en die Kolmanskop-boetiek. Phil Balhao, burgemeester van Lüderitz, sê die jongste toevoegings is ‘n bewys van die dorp se groei. Hy sê hulle het met ‘n informele verklaring vorendag gekom, “Bly nog ‘n dag in Lüderitz”, om die toerismepotensiaal uit te lig. Kosmos 94.1 Nuus het met Balhao gesels oor die groei in toerisme in die gebied.